Asbesmiddag

· Books

Etienne van Heerden, 2007

Cover of Asbesmiddag

'n Onlangse trip oorsee het my baie tyd gegee op vliegtuie, treine en stasies. Gevolglik kon ek heelwat lees.

Etienne van Heerden se nuutste boek, Asbesmiddag, was die eerste ordentlike Afrikaanse roman wat ek in 'n lang tyd gelees het, en ek moet erken dit was veral aan die begin nogal uitdagend.

Dit is die semi-outobiografiese verhaal van 'n skrywer en letterkunde dosent wat besig is om te werk aan sy nuwe roman. Die verhaal vleg waarheid en fiksie deurmekaar met die gevolg dat mens nooit seker is wat werklik gebeur nie en wat net in die skrywer se geestesoog plaasvind nie.

Daar is ook 'n sterk filosofiese aspek aan hierdie boek, te same met die selfverwysende aard van die temas wat bespreek word. Dit is daarom 'n intellektuele storie wat vele vlakke van betekenis het.

Hierdie was nie 'n maklike boek nie, maar was baie vervullend op onvervullende wyse.