Periandros van Korinthe

· Books

D.J. Opperman, 1954

Cover of Periandros van Korinthe

Periandros van Korinthe is 'n boek wat ek al baie van gehoor het. Dit is een van die voorgeskrewe tekste vir Afrikaans in Matriek, maar nie een wat ek toe behandel het nie (ons het Die Keiser gedoen). Gevolglik het die meerderheid van die mense wat ek ken dit op skool behandel en opinies daaroor ontwikkel. Genoeg van hierdie opinies was positief dat ek besluit het om dit maar self te lees.

Hierdie is 'n skitterende drama, met pragtige taalgebruik. Die hele teks is in paarrym geskryf, maar sonder dat dit steurend is. Inteendeel, die rym is so oortuigend dat ek groot dele daarvan hardop vir myself gelees het. Dit is geskryf met so 'n lekker rym en ritme dat die teks jou vanself voorentoe dra.

Die verhaal self is die van 'n tipiese Griekse teaterstuk, en redelik maklik om te volg. Die styl herinner mens aan sulke Shakespeare werke soos Macbeth en King Lear - 'n tragiese held wat as gevolg van 'n enkele karakter fout al hoe meer in die moeilikheid (en tragedie) beland.

Ek sou baie graag 'n opvoering hiervan wou sien.