Fees van die Ongenooides

· Books

P.G. du Plessis, 2008

Cover of Fees van die Ongenooides

Ek het die afgelope week of twee PG du Plessis se onlangse oorlogsroman Fees van die Ongenooides gelees.

Die verhaal vind plaas gedurende die Anglo-Boere Oorlog, maar anders as ander boeke wat ek onlangs gelees het, is die fokus daarvan nie op die oorlog in sigself nie, maar eerder die effek daarvan op die mense wat deur dit moes lewe. Die storie draai om die Van Wyks, 'n ryk en bekende Boerefamilie, en vertel van hul doen en late gedurende die oorlog.

Fees van die Ongenooides is 'n absoluut uitstekende boek, wat die hartseer en weemoed van die oorlog perfek vasvang. Dit is intelligent geskryf, en wys hoe almal aan beide kante van die geveg daardeur beïnvloed word. Laastens is du Plessis se taalgebruik puik en pragtig.

Hierdie boek is beslis een om aan te beveel.