Staan in die algemeen nader aan vensters
· Books
Loftus Marais, 2008
Ek het oor die afgelope paar weke Loftus Marais se digbundel Staan in die algemeen nader aan vensters gelees.
Sy gedigte is van 'n uitsonderlike gehalte, en daar is 'n melodie en beeldskoonheid aan sy woorde wat dit baie aangenaam maak om te lees. Sy beelde is helder en dringend sonder om ongewone of onverstaanbare taal nodig te hê. Hy skryf ook vanuit 'n perspektief na aan myne, en oor onderwerpe wat ek (tot 'n meer of 'n mindere mate) ken en verstaan.
Afrikaanse gedigte is vir my altyd 'n plesier om te lees, en dit is nog meer so om die van 'n jong, kontemporêre digter te lees.