Thula-thula
· Books
Annelie Botes, 2009
Ek het die absolute voorreg gehad om saam met 'n paar vriende 'n Boekklub te begin, en die eerste boek wat ons bespreek het was Annelie Botes se Thula-thula.
Die roman vertel die storie van Gertruida Strydom, 'n jong dame wat al amper haar hele lewe lank deur haar pa mishandel. Deur haar herinneringe word die verskillende verhale en verleenthede van haar familie en haar plaas openbaar.
Hierdie boek is glad nie gemaklike leesstof nie, en beslis nie die tipe wat mens gelukkig laat aan die einde nie. Desnieteenstaande is dit werklik insiggewend, veral aangesien dit handel oor 'n onderwerp wat so sterk taboe is.
'n Uitdagende stuk leesstof, maar een wat ek sal aanbeveel.